Deon Meyer, 'n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Hy, sy vrou, Anita, en hul vier kinders woon in Durbanville. Sy publikasies sluit in nege romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, en 7 Dae, 2011). Drie daarvan - Orion, Proteus en Infanta - is met die ATKV-prys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009 en 2012 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur en 7 Dae.